Ierse Vrystaat

Die Ierse Vrystaat (Iers: Saorstát Éireann; Engels: The Irish Free State) was die naam wat deur die suide van Ierland aangeneem is ná die ondertekening van die vredesverdrag met Groot-Brittanje in Desember 1921 wat die Ierse stryd om onafhanklikheid beëindig het.

Die Vrystaat sou deel van die Statebond bly as 'n heerskappy en sou byna heeltemal onafhanklik word met die Statuut van Westminster. Nadat 'n nuwe grondwet in 1937 aanvaar is, het Ierland homself nie meer as deel van die Statebond beskou nie. Met die proklamasie van die republiek in 1949 is die laaste skakel met Londen ook verbreek. Sedertdien is daar na die land verwys as Ierland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search